Gratis standaard aflewering in Kaapstad op bestellings bo R1000
Smaak: Jou Ma se Sous!

PLAASLIK GESOUS

GEROOKTE TAMATIE

Die Gerookte Tamatie is hier om jou te verlos

Van die alledaagse sous wat jy soos ‘n gewoonte misdadiger oor jou ma se kos bliksem.
Met jare se ondervinding roer sy die ervare houtlepel waarmee jy kleintyd pakslae gekry het.
In die potte prut ‘n nektar wat hoendervleis op jou verstandtande gee.
Hierdie moedersmelk is geskik vir uiters alles en boonop ’n alomheersende dokter vir die wingerdgriep.

Maak oop die vir die treintjie. Jou ma se sous is hier om jou innerlik te bederf.

Gerookte Tamatie Sous Bestanddele

Tamaties

Uie

Kerrie

Asyn

Suiker

Soya

Perskes

Knoffel

Sous Allergieë

Soya. Daar is neute in die kombuis.